NewsNews

By stortingsterrein met glasstukke en bakstene aangeval

Ses mans het skielik uit die stortingsterrein te voorskyn gekom en die vier familielede met gebreekte bottels en bakstene aangeval

SASOLBURG. – “Só lyk mens as jy deur ses mans by die vullishope in die dorp aangeval is.”

Dit was Saterdag mev. Theresa Ross se verduideliking toe sy die foto (op die voorblad) van ‘n jong man met ‘n gapende sny aan sy bolip, op Facebook geplaas het.

Theresa sê haar seun, haar swaer, sy seun en skoonseun is Saterdag na die stortingsterrein langs Sasolburg se begraafplaas agter die tronk, om ‘n vrag vullis te gaan aflaai.

“Ses mans het skielik uit die stortingsterrein te voorskyn gekom en die vier familielede met gebreekte bottels en bakstene aangeval,” sê sy. “My swaer, Peter Vera, is geslaan en toe hy val, is hy geskop en met grawe wat die aanvallers uit die voertuig gegryp het, gedreig. Een het ‘n graaf teen my swaer se keel gehad terwyl hy gelê het.”

Theresa se seun, Jason van Niekerk (26), is met ‘n baksteen teen die been en enkel gegooi en sy voet het in die proses sleg seergekry. Sy neef, Brandon Vera (20), is met ‘n gebreekte glasbottels teen die mond gesteek. Sy bolip is feitlik deurgesny en moes agterna met verskeie steke by Mediclinic Emfuleni se ongevalle-afdeling geheg word.

Theresa sê dit was nie die eerste keer dat haar familielede daar aangeval is nie.

Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant Vaalweekblad hier:

By stortingsterrein met glasstukke en bakstene aangeval | Vaalweekblad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button