NewsNews

Handré Read (5) steeds onder sedasie, gebede gevra

Laerskool Vaalrivier van Vanderbijlpark se hoof, Henro Read en sy gesin is dankbaar vir almal se gebede en ondersteuning gedurende hierdie moeilike tyd.

Laerskool Vaalrivier se skoolhoof, Henro Read en sy gesin was Donderdag, 28 April in ‘n ernstige motorongeluk.

Die hele gesin is in die ongeluk beseer. Henro het sy rug seergemaak, sy vrou Karen het drie ribbes gebreek, klein Sion (2) het ‘n haarfraktuur opgedoen en hul oudste seun Juan (9) het beentjies aan die agterkant van sy een rugwerwel gebreek.

Beide Karen en Juan was in intensiewe eenhede opgeneem, maar is intussen ontslaan.

Juan was gelukkig om ‘n operasie vry te spring, maar moet vir ses weke ‘n rug- en nekstut dra.

Hul grootste bekommernis is egter Handré (5). Hy het ‘n ernstige kopbesering opgedoen en is tans in Alberton in die hospitaal waar hy reeds ‘n operasie ondergaan het.

Teen Dinsdagoggend, 10 Mei was Handré steeds onder sedasie en aan ‘n ventilator gekoppel.
Henro het laat weet die dreineringspyp is uit sy kop gehaal, sy bloeddruk is laer en sy niere funksioneer perfek.

“Hy is stadig besig om wakker te word. Hy reageer as ons aan sy hand of voet vat, maar hulle hou hom vir eers onder sedasie vir die pyn.”

Vrydag, 13 Mei 2022 het Henro laat weet: “Handretjie is steeds stabiel. Sedasie word verminder om hom te begin wakker maak, maar dis ‘n lang proses. Verder is als maar nog dieselfde.”

Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant Vaalweekblad hier:

Handré Read (5) steeds onder sedasie, gebede gevra | Vaalweekblad

Related Articles

Back to top button