NewsNews

JOOL is terug in Potch hierdie naweek

‘n Verskeidenheid kunstenaars sal op 28 en 29 Julie op die Joolplaas optree, terwyl die vlotte op 30 Julie deur die dorp sal beweeg.

Vir die eerste keer in die geskiedenis gaan die NWU se JOOL (Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid), in die winter plaasvind hierdie komende naweek, 28 tot 30 Julie.
Die koue temperature mag dalk ongewoon wees, maar na twee jaar klop almal se harte warm om weer hulle gunstelingkunstenaars en die kreatiewe vlotparade te kan beleef. ‘n Verskeidenheid kunstenaars sal op 28 en 29 Julie op die Joolplaas optree, terwyl die vlotte op 30 Julie deur die dorp sal beweeg.
“Ons doel met Jool bly dieselfde – om ‘n verskil te maak in die gemeenskap. Ons is steeds studentgedrewe,” sê Ivan Beck, die NWU Studenteraad Fondsinsameling en Projekte Beampte.
Dit is vanjaar die eerste Winterjool ooit. Hierdie is as gevolg van streng Covid-regulasies wat vroeër toegepas is, asook die eerste semester wat later in die jaar begin het. Jool moes vanjaar vir die eerste keer geregistreer word en die Joolkomitee was onder baie druk in terme van dokumentasie.
Dieselfde gewilde sangers, asook nuwe kunstenaars, kan by Jool verwag word. Dit sluit Francois van Coke, Karen Zoid, Heuwels Fantasties, Early B, Van Pletzen, Refentse, asook ander bekende kunstenaars in wat op die NWU se Joolplaas sal optree.

Related Articles

Back to top button