
‘n Ondersoek is deur polisie in Hartebos geloods na die liggaam van ‘n baba vanoggend op die strand gevind is.

Die geslag en ouderdom van die baba is nog nie bekend nie.
Die polisie se kommunikasiebeampte, Adjudant Offisier Kappie Kapp, sê die liggaam is om ongeveer 10:00 naby die riviermond deur ‘n strandganger gevind.

“Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om ons met inligting te help. Enigeen met inligting oor iemand wat onlangs geboorte geskenk het en skielik nie meer ‘n baba het nie sal die ondersoekspan help. Die lap waarin die baba toegedraai is en die koelsak is ook uitkenbaar.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.