NewsSport

Fochville se gimnaste blink uit

Verskeie lede van die Losberg Gymnastics gimnastiekklub van Fochville is vir die Gauteng gimnastiekspan gekies.

Dié klub se hoofafrigter en eienaar, JJ Strydom, sê die klub se lede het uitstekend tydens die provinsiale kampioenskap presteer. Dié byeenkoms is die afgelope naweek in Pretoria gehou.
Alejaundra Pretorius het die beoordelaars só beïndruk dat sy vir die SA-span gekies is. Sy was die enigste meisie van die klub wat dié prestasie behaal het. Derian Lamprecht was op sy beurt die enigste junior seun wat vir die SA span gekies is.
Die klub se senior gimnaste het egter besonder goed presteer.
Jaundre Bothma het twee medaljes huis toe gebring. Hy het ‘n goud vir sy vertoning op die vloer en ‘n brons vir sy spronge gewen. Kgosi Msimango het die asems weggeslaan toe hy volpunte vir spronge gekry en hiermee die eerste plek ingepalm het.
“Dit is ‘n uitsonderlike prestasie en die eerste keer dat iemand van ons klub dit regkry,” sê Strydom. Kiano Rossouw het twee silwer medaljes vir spronge en die “bar” ingepalm, terwyl Dawid Pretorius ‘n silwer op die “parallel bar” en ‘n brons vir spronge gewen het. Wayne Strydom het ‘n brons vir sy vertoning op die vloer verwerf. Dié medaljes het al die gimnaste vir die SA kampioenskap in Oktober laat kwalifiseer. “Hulle het ongelooflik hard gewerk om dié prestasies te bereik. Hulle oefen elke weeksdag tussen twee en drie ure en dan ook nog in hul vrye tyd,” sê Strydom.

Die klub se afrigter, JJ Strydom en Derian Lampbrecht.
Alejuandra Pretorius.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button