
Paramedici is Sondagoggend (2 Oktober) na die Ikageng-polisiestasie by Potchefstroom geroep nadat ‘n man met erge brandwonde daar aangekom het.
Ongeveer twee ure later is paramedici na ‘n verlate gebou in die nywerheidsgebied geroep.
“Met aankoms, het paramedici nog ‘n man ‘n ent weg van die gebou gevind wat ook erge brandwonde opgedoen het,” het Russel Meiring, ER24 woordvoerder gesê.
Sekuriteitspersoneel het die gebou deursoek, waarna hulle die gru-vonds van twee verbrande lyke gevind het. Mooirivier Beskerming First Responders, het albei dood op die toneel verklaar.
Die twee lyke is glo binne in ‘n vertrek gevind, met uitgebrande bande buite die vertrek. Plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.