LifestyleNews

As ‘n wolf jou pad kruis… dan leer jy baie

Tussen Belinda Bras-Nel en haar wolwe is daar 'n besonderse band. Die jongstes van die trop hou haar op die stadium amper voltyds besig.

Belinda Bras-Nel, Vanderbijlpark se eie diere-fluisteraar, is weer voltyds op babadiens nadat sy nog twee wolfies ontvang het.

Belinda het die eerste keer met wolwe kennis gemaak toe haar pad met ‘n babawolf genaamd Odin, gekruis het.

Jong Odin met sy gunsteling teddie. Dit het eens op ‘n tyd aan Akita behoort en later aan Fen.

“Daardie jare het ek min van wolwe geweet. Ek het gedink ek kan Odin hondeskool toe vat en met hom gaan stap. Odin wou niks weet nie, hy wou net altyd terug huis toe,” onthou sy.

Sy het begin navorsing doen en gou besef ‘n wolf en ‘n hond verskil hemelsbreed. Odin het haar bondgenoot en sielsgenoot geword. Vir jare het hulle ‘n besonderse band gedeel.

Selfs toe die ander wolwe, Akita, Akaï en Fen, ook hul weg na haar gevind het, was die band tussen Belinda en Odin altyd die sterkste.

‘n Paar maande gelede is Odin oorlede. Alhoewel Belinda geweet het dit was sy tyd om te gaan, het sy steeds oor hom getreur. Onlangs het sy gehoor dat ‘n wolfie gebore is en sy het dadelik geweet dis Odin.

Olga besig om te doen wat Olga soms doen. Die juffie vat die lewe met al vier pote aan!

Maar, toe sy die foto’s besigtig het die naam Olga by haar opgekom. Sy het haar nie daaraan gesteur nie en die kilometers afgelê om vir Odin junior te gaan haal.

Daar aangekom, het ‘n jong wolfie haar aandag getrek. Sy het geweet dis Olga en dat sy haar ook moet huis toe neem.

Die twee jongelinge hou haar goed besig. Die ander wolwe beskou hulle ook as deel van die trop. Akaï steur hom nie aan die kleintjies nie, maar hulle is lief om hom te gaan pla!

Akita is baie besorg oor die wolfies. Olga lyk soos Akita se “mini me” en daar is duidelik ‘n besonderse band tussen hulle. Fen wat vir jare die baba was, het die rol van ouboet sonder skroom aanvaar.

Ouboet Fen kyk toe terwyl Akita met Olga en Odin speel

Alhoewel die wolfies oulik is en baie aandag trek op haar Facebookblad, waarsku Belinda dat nie enige een ‘n wolf kan aanhou nie.

“Hulle het baie spasie nodig en is gebiedsgebonde. Jy moet hulle met respek hanteer en hulle moet jou as die leier aanvaar.

Lees die volledige berig op die webwerf van die Herald se susterkoerant Vaalweekblad hier:

As ‘n wolf jou pad kruis… dan leer jy baie | Vaalweekblad

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button