
Dié egpaar is plaaslik (en veral op die Herald se susterkoerant Vaalweekblad se Facebook) bekend vir die harde en deeglike werk wat hul verrig met vensters insit en die re-putty van die rame.

Hulle het verlede jaar in April verloof geraak toe Landi vir Hendrik voorgespring het en hom gevra het om met haar te trou. “Ek het ja gesê want ek was besig om te beplan om haar te vra,” vertel Hendrik met ‘n breë glimlag.
Hulle het besef hul sou vir hul eie troue moet betaal en om dit te kan doen sou hulle moes hard werk.
Hendrik het op daardie stadium in sy vrye tyd by huise gaan vensters insit en die re-putty van die rame gedoen. Landi het hom gevra om haar te leer om dit ook te doen en so het Die Glasvrou tot stand gekom.
Dit is toe dat die wonderlike Vaaldriehoekers handjie bygesit het. Landi en Hendrik bedank almal vir elke bydrae wat die dag help moontlik maak het.

“Daar was selfs ‘n boutique wat vir my ‘n trourok aangebied het, maar my ma het my trourok vir my gemaak,” vertel ‘n dankbare Landi. Hulle is ook met twee troukoeke bederf.