NewsSport

Fochville se jong vegters skitter

‘n Groep jong vegters van die Fochville XKT Skopboksklub het hul dorp se naam tydens ‘n groot kompetisie hoog gehou.

‘n Groep jong vegters van die Fochville XKT Skopboksklub het hul dorp se naam tydens ‘n groot kompetisie hoog gehou.

Die klub se afrigter, Shihan Jaco Pretorius, sê die vegters het op 19 November aan die Tiny Titans Toernooi in Brakpan deelgeneem. Dié kompetisie, die tweede van sy soort dié jaar, is gehou om vegters van sy jonk as vyf jaar oud die kans te gee om hul vaardighede te beproef. Studente tot so oud as 17 jaar kon deelneem.

Fochville het 30 vegters ingeskryf. Hulle kon in semi en ligte kontak divisies veg en kon ook aan die wapen en musiek katas deelneem.

Die Fochville skopboksers het uitstekend presteer toe hulle ‘n allemintige 53 medaljes ingepalm het.

XKT Fochville het ook met ‘n groep studente, genaamd die “Xtreme Kata Kids”, n demostrasie met ‘n verskeidenheid wapens gehou. Die kleingoed het hul vaardigheid met wapens soos nunchaks (twee houtstokke met kettings tussen-in), Bo (‘n staf wat gebruik word om mee te veg), Kamas (‘n klein veg-sekel) en Katanas (swaarde) gewys. Van die vegters in die groep was so jonk as vyf jaar oud en het oud en jon beïndruk.

“Sensei Xandrie Pretorius, het ook gehelp om die groep op die been te bring en daar gaan nog baie van hulle gesien word. Ek is baie trots op elkeen, hulle het regtig hul kant gebring en die klub se naam hoog gehou,” sê Pretorius.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button