Local newsNews
Bejaarde deur huisrowers aangeval
Huisrowers het die afgelope week ‘n bejaarde en haar werkers in Carletonville aangeval.
Die voorval het Vrydag 25 Augustus in Bluebellstraat plaasgevind.
Sover vasgestel kan word, het ‘n groep mans om 15:30 vir water by die huis se voordeur kom vra. Die eienaar, ‘n bejaarde vrou, het nie dadelik aandag aan hulle gegee nie en gedink hulle sal weggaan.
Die volgende oomblik het die mans egter die veiligheidshek met ‘n koevoet begin oopbreek.
Hulle het in die huis in gestor men die bejaarde en haar twee werkers in haar kamer ingedwing en hul daar toegemaak.
Die rowers het toe deur die huis begin krap en met verskeie elektriese ware gevlug.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.