Local newsNews
Oud-Gimmie in motorongeluk op die Bult oorlede
'n Oud-Gimmie, Landré Gustafson is vroeg gisteroggend (3 September) omstreeks 02:10, in 'n motorongeluk in ons buurdorp Potchefstrom oorlede.
‘n Oud-Gimmie, Landré Gustafson is vroeg gisteroggend (3 September) omstreeks 02:10, in ‘n motorongeluk op die hoek van Meyerstraat en Thabo Mbeki-rylaan oorlede.
Slegs een voertuig was in die ongeluk betrokke. Landre, ‘n 2021 matrikulant, is op slag in die ongeluk oorlede nadat sy bakkie gerol het.
Sy ma, Laetitia Gustafson, en haar gesin, was in ‘n voertuig agter hom toe die ongeluk gebeur het.
“Dit het meer as vier ure gevat om hom uit die voertuig te sny,” noem Laetitia hartseer.
https://potchefstroomherald.co.za/130613/oud-gimmie-in-motorongeluk-op-die-bult-oorlede/?fbclid=IwAR1cqdGlaS-e5usL4Bd41JvhfW8pqm9RF8Y1d8ijvC9HRL8XNyyBUEmsVSc
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.