Local newsNews
Inwoner van Idastraat aangeval
Huisrowers het die afgelope week in Idastraat in Oberholzer toegeslaan.
Die inwoner was vas aan die slaap toe die booswigte in die vroeë oggendure van 6 September toegeslaan het.
Sy het skielik wakker geword en twee mans in haar slaapkamer gesien.
“Bly stil,” het hulle haar toegesnou.
Die vrou het egter begin skree, waarna die rowers ‘n skoot afgevuur het.
Hulle het toe twee selfone gegryp en weggehardloop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.