Local newsNews

Pasop vir dié sinkgat

Sinkgat in Carletonville steeds oop.

‘n Sinkgat in ‘n donker doodloopstraat is seker enige motoris se nagmerrie.

Dít is egter wat bestuurders gaan teëkom wanneer hulle tot aan die einde van Umkumaasstraat in Carletonville ry.

Die sinkgat het sowat twee jaar gelede ingesak en het selfs in Mei 2022 vir ekstra nuus gesorg toe ‘n munisipale vullistrok daarin beland het.

Ondanks die gevaar dat nog ‘n bestuurder in dit kan inry, het die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit tot nou toe niks aan die probleem gedoen nie.

Die sinkgat is nou al só lank oop dat inwoners begin het om rommel daarin te gooi. Dit maak die sinkgat egter nie minder gevaarlik vir iemand wat verdwaal en dalk daarin kan beland nie.

‘n Skakel na die voorval by dieselfde sinkgat bykans twee jaar gelede:

Video: Merafong rubbish truck drives into sinkhole

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button