
Twee atlete van Laerskool Dagbreek het tydens verlede week se Interlaer as wenners van hul onderskeie afdelings uit die stryd getree.
Vanjaar se Inter is 6 Februarie by Laerskool Jongspan gehou. Jaydean Lourens is as die beste senior meisies veldatleet aangewys, terwyl Ruan Hurter met die toekenning as die beste senior seuns veldatleet weggestap het.
Sowat 50 van die skool se atlete het na die Merafong area atletiekkampioenskap deurgedring wat Dinsdag, 13 Februarie by Laerskool Jongspan gehou is.
Die atlete wat by dié kampioenskap presteer, sal na die D2 distrikskampioenskap deurdring.
Dit word 20 Februarie by Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp gehou.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.