Op die rand van ‘n ramp: Gauteng se waterkrisis
Carletonville sit ook byvoorbeeld weer vandag sonder water, en die probleme kon minder erg gewees het indien kritiese infrastruktuur soos ons reservoir in 'n werkende toestand was.
TLU SA wil sy ernstige bekommernis uitspreek oor die huidige waterkrisis wat Gauteng en sy gemeenskappe aan die rand van ‘n ramp lei. Die onlangse waarskuwings van Rand Water oor die krities lae watervoorraad en die 42 lekkende reservoirs in Johannesburg het die alreeds moeilike situasie vererger. Dit is van kardinale belang dat daar onmiddellike aksie geneem word.
Die gebrek aan behoorlike onderhoud van waterbronne en infrastruktuur het nie net ‘n tekort aan water veroorsaak nie, maar het ook ‘n negatiewe invloed op die kwaliteit van die water wat aan die gemeenskap beskikbaar gestel word. Dit kan nie net ekonomiese gevolge hê nie, maar ook ernstige gesondheidsrisiko’s vir die algemene publiek. TLU SA doen ‘n dringende beroep op die Departement van Water en Sanitasie om:
Die gemeenskap het ‘n dringende behoefte aan ‘n duidelike plan van aksie en verantwoordbaarheid van die regering. TLU SA is daarvan oortuig dat samewerking tussen regeringsinstansies, plaaslike gemeenskappe en die landboubedryf noodsaaklik is om die waterkrisis aan te spreek en die toekoms van ons watervoorraad te beveilig. TLU SA is bereid om saam te werk met die departement en ander betrokke partye om praktiese oplossings te vind. Ons kan nie wag nie; die tyd om te optree is nou. |