Local newsNews

Rowers blaas kitsbank in Fochville op

Enige iemand wat dink dat hulle inligting oor die voorval het, word gevra om die polisie op Fochville te kontak.

‘n Groep rowers het vanoggend ‘n kitsbank in Fochville opgeblaas.

Inwoners wat naby die Protea Mini Mark op die hoek van Protealaan en Steynstraat woon, vanoggend net na 02:00 ‘m harde slag gehoor.

Sover vasgestel kan word, het ‘n groep van ses rowers die Absa kitsbank by die winkel opgeblaas en met ‘n onbekende hoeveelheid geld gevlug.

Hoewel kitsbanke al ‘n hele paar keer in dorpe soos Welverdiend, Carletonville en Oos-Driefontein opgeblaas is, is dit selde dat dié soort misdaad in Fochville gebeur.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button