Local newsNews

Vaaldam tans net 33 persent vol

Inwoners, en ons owerhede, moet saamwerk om water te bespaar.

Die Vaaldam was hierdie week net meer as 30 persent vol water.

Volgens die Department van water en Sanitasie was die Vaaldam, waaruit ons water kom, eergister (4 November) net 33.1 persent vol.

Dit is aansienlik laer as die 73.6 persent dieselfde tyd verlede jaar.

Hoewel die dam se vlak baie laag is as gevolg van reën wat later as gewoonlik is, sê die Department dat hulle reeds positief is dat daar in Desember en Januarie meer reën sal val.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weerdiens het ook voorspel dat dit later vandag in Gauteng sal reën.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button