Local newsNews

Fochville Straatmyl ‘n reuse-sukses

Die Straatmyl is reeds vir meer as 'n dekade een van die hoogtepunte op ons omgewing se sportkalender.

Die 2024 Fochville Straatmyl, wat op 30 Oktober plaasgevind het, was ‘n skitterende sukses.

Volgens die organiseerder, Willie Roeland van RE/MAX Gold, het meer as 1 100 deelnemers van alle ouderdomme vanjaar hul bene in Fochville se hoofstraat, Losberglaan, as deel van dié jaarlikse hoogtepunt op die dorp se sportkalender gerek.

Marli Labuschagne was die meisies-wenner van die voorskool tot 13 jaar afdeling. In die afdeling vir atlete van 14 tot 18 jaar het Jessica Pretorius as die meisies wenner en Enrico Venter as die seuns wenner uit die stryd getree.

Richard Mokoaledi was die wenner in die afdeling vir manlike deelnemers 19 tot 40 jaar oud, terwyl Lumeri Feyt as die vinnigste vrou in dié afdeling geëindig het.
Morena Melato was die mans wenner, en Colleen Schmidt die vroue wenner in die afdeling vir atlete van 41 jaar en ouer.

“Ons bedank graag elke deelnemer en die breër gemeenskap vir hul waardevolle bydrae en lojale ondersteuning.

Alles vir ‘n goeie doel

“Hierdie geleentheid het nie net ‘n aktiewe en gesonde dag verseker nie, maar ook ‘n verskil gemaak deur fondse in te samel vir ‘n groot groep begunstigdes wat direk baat vind by hierdie inisiatief. ‘n Spesiale dank gaan aan Hoërskool Fochville en die Siebies-atletiekspan vir hul onwrikbare betrokkenheid en samewerking” sê Roeland.

Altesaam 206 borge was deel van vanjaar se Straatmyl en 328 advertensieborde van besighede oor die land heen het langs die roete gepryk.

Daar was ook ‘n verskeidenheid stalletjies en springkastele vir die jongklomp, medaljes vir elke deelnemer, trofees vir die wenners, en R5 000 in gelukkige trekkings.

“Ons is trots om deel te wees van so ‘n betekenisvolle gebeurtenis wat nie net fisieke uitdagings bied nie, maar ook gemeenskaplike bande versterk en herinneringe skep vir jonk en oud. RE/MAX Gold sien reeds uit na die 2025 Straatmyl en beoog om dit nóg groter en beter te maak as ooit tevore!”

Sien ook:

https://www.citizen.co.za/carletonville-herald/news/2024/10/30/fotos-fochville-straatmyl-lok-weer-talle-deelnemers/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button