Pen Buddy: Elohim Skryfbehoeftes help nou ook
Twee besighede in Fochville help nou al sodat ou skryfbehoeftes vir 'n goeie doel aangewend word.
Die besigheid Elohim Skyfbehoeftes in Presidentstraat in Fochville help die Carletonville en Fochville Herald ook nou met ons Pen Buddy insamelingsprojek om ou/gebruikte of nuwe skryfbehoeftes vir minderbevoorregte kinders in te samel.
Meeste ouers koop aan die begin van elke skooljaar vir hul kinders nuwe skryfbehoeftes en word ou skryfbehoeftes weggegooi of in ‘n kas gedruk.
Daar is egter baie ouers wat nie skryfbehoeftes vir hul kinders kan bekostig nie.
Help ons om diegene in nood te help om gerieflik hulle skoolwerk te kan doen.
Ou of gebruikte skryfbehoeftes en nuwe skryfbehoeftes kan in die Pen Buddy-boks by die ingang van Brand Corp SA by Loopspruitlaan 15 in Fochville afgegee word.
Die boks staan op die toonbank regs wanneer jy by die winkel inkom.
Nog ‘n Pen Buddy boks staan by Brand Corp SA, en diegene wat die projek by hierdie besigheid ondersteun, kan ook vir afslag by hul winkel in aanmerking kom.