Local newsNews

Twee sterf in gru-ongeluk op N12 tussen Fochville en Potchefstroom

Voertuie moes na die pad tussen Potchefstroom en Vereeniging herlei word.

Twee vroue is gisteraand (13 November) in ‘n ongeluk op die N12 tussen Fochville en Potchefstroom oorlede.

Sover vasgestel kan word, is hulle uit die Noord-Kaap afkomstig.

Die minibus-taxi waarin hulle gery het, was omstreeks 17:00 gistermiddag naby die Klifdrift-afdraai in ‘n botsing met ‘n Volkswagen sedan betrokke. Nog ‘n motor is ook in die ongeluk beskadig.

Volgens die distriksbestuurder van die Gautengse ambulansdienste in die Wes-Rand, Jurgens Bence, is altesaam 11 ander pasiënte deur Gauteng ambulansdienste, ER24 ambulanse van Carletonville en Potchefstroom en Gladiator van die toneel vervoer. Drie van hulle was ernstig beseer.

Drie van die pasiënte is na hospitale in Potchefstroom geneem terwyl die res na hospitale in Carletonville afgevoer is.

Dit is nie seker hoe die ongeluk plaasgevind het nie.

Die deel van die N12 waar die ongeluk plaasgevind het, was van 17:00 tot net na middernag vanoggend vir verkeer gesluit. Voertuie is na die R54 (die pad tussen Potchefstroom en Vereeniging) na en van Poitchefstroom herlei.

Lede van die Fochville GPF (Gemeenskapspolisiëringsforum) het by die toneel gehelp en het ook op verskeie plekke langs die roete gestaan om alternatiewe roetes om die ongelustoneel vir motoriste aan te dui.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button