Local newsNews

Hier is die wenners van die Herald se Mooiste Matriekrok-kompetisie

Veels geluk aan ons wenners - julle het pragtig gelyk!

Drie lieflike meisies stap na bykans ‘n week se stemmery met groot pryse weg in ons Matriekrok van die Jaar kompetisie.

Domenique Scholtz van Hoërskool Fochville is vanjaar ons wenner na sy die meeste stemme op haar verenig het. Sy wen ‘n twee-nag naweek wegbreek by die Emerald Resort en Casino. Hierdie prys, met ‘n waarde van R13 760, sluit ‘n wildsrit of ‘n tweewiel toer deur die wildpark, ten-pin bowling en ‘n uur-lange padel-sessie vir vier volwassenes – insluitende rakkette en balle – in.

Nóg ‘n leerder van Hoërskool Fochville, Kayla-Lee Verster is tweede. Haar prys is ‘n een-nag oorbly vir twee mense by die Egweni River Lodge op die oewer van die Vaalrivier.

Elandie de Wet, óók van Hoërskool Fochville, stap met die derde plek weg. Sy is die wenner van ‘n foto-sessie ter waarde van R900 van Jané Photography.
Baie geluk aan ons pragtige wenners!

Kayla-Lee Verster is ons naaswenner.
Kayla-Lee Verster is ons naaswenner.
Elandie de Wet stap met die derde plek weg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button