NewsSport

Jong atleet wys sy staal

Hierdie jong atleet is reg om vanjaar nog beter te doen.

‘n Atleet van Carletonville het in Desember sy staal tydens die nasionale atletiek kampioenskap in Bloemfontein gewys.

Kevin du Toit (10), ‘n leerder van Laerskool Dagbreek, het aan die 100m en 80m items in die o11 groep deelgeneem. Hy was ook deel van die Noordwes 100m aflosspan.

Volgens Kevin se ma, Justine, het die feit dat Kevin in ‘n ouderdomsgroep hoër as sy eie deelgeneem het, sy prestasie beïnvloed.

Hy was onder die top 20 in die land in die 80m terwyl sy aflosspan sesde geeïndig het.

“Hy het skaars 10 jaar oud geword terwyl die meeste van die ander atlete reeds 11 jaar oud was. Dit was egter goeie ervaring vir hom en ons glo dit sal hierdie jaar net beter met hom gaan,” sê Justine.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button