Local newsNews

Daggies se atlete wys hul talent

Byeenkomste soos hierdie wys hoeveel talent ons dorp se kinders het.

Atlete van Laerskool Dagbreek kon Vrydag hul talent en vermoë in verskeie sportsoorte tydens die skool se jaarlikse huissport wys.

Gelukkig het die vorige dae se reën bedaar en kon die skool se atlete van vroeg af wys waartoe hulle instaat is.

Kevin du Toit is as Junior Victor Ludorum aangewys terwyl Keagen Steenkamp die Senior Victor Ludorum was.

Heidi Geldenhuys en Alenke de Beer het die toekenning as Junior Victrix Ludorum gedeel, terwyl Tshegofatso Ratswana met die trofee as Senior Victrix Ludorum weggestap het.

Op die ou end het die Blouspan die geesbeker gewen, terwyl die Rooispan die atletiekbeker ingepalm het.

Heidi Geldenhuys en Alenke de Beer deel die Junior Victrix Ludorum toekenning.
Kevin du Toit het die trofee as as Senior Victor Ludorum opgeraap.
Keagen Steenkamp is die Junior Victor Ludorum.
Tshegofatso Ratswana is die Senior Victrix Ludorum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button