Local newsNews

Fochville se Pantherz is vuur en vlam

Hierdie span het die afgelope jaar gewys dat vroue ook pret op die rugbyveld kan hê.

Ons omgewing se eie vroue rugbyspan, die Pantherz, is reg om vanjaar met mening aan te pak.

Hulle word deur Wiekes Coetzer en Peet Bekker afgerig en het reeds weer verlede week begin oefen.

Die Pantherz was die afgelope jaar ons omgewing se enigste rugbyspan en het ook goed tydens hul nasionale kampioenskap in Mosselbaai presteer.

Oefentye is Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00.

Die span oefen by die Gert van Rensburg stadion en almal is welkom.

Enige vroue wat steeds by die klub wil aansluit, kan Coetzer by 083 957 3230 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button