Local newsNews

Ruiter vir nasionale span gekies

Sy en haar sussie het tydens die nasionale kampioenskappe presteer.

‘n Ruiter van Fochville is vir die nasionale span gekies na haar uitstekende prestasie by die onlangse nasionale Saalperdkampioenskappe.

Annemie Brandon en haar sussie, Mariolee, het van 21 tot 27 April aan dié kompetisie, wat as deel van die Bloemskou gehou is, deelgeneem.

Annemie het ‘n vyfde plek in die vyfgang plesierperd vir ruiters o14 verower, ‘n agtste plek in die driegang plesier perd kategorie vir dieselfde ouderdomsgroep en is as reserwe groot kampioen in die vyfgang plesierperd en as kampioen vir ruiters onder 14 in dieselfde klas se ruiterkuns-afdeling gekroon.

Dit het verseker dat Annemie, wat deur Dale Bierman afgerig word, ‘n plek in die nasionale junior Prospektusspan gekry het.

Sy gaan Suid-Afrika in die drie- en vyfgang afdelings verteenwoordig.

Sy gaan as deel van dié span in Desember teen ruiters van die VSA meeding. Mariolee het twee sesde plekke en ‘n agtsteplek verower.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button