Local newsNews

XKT Skopboksklub van Fochville blink uit by nasionale skopboks-kampioenskap

Hierdie is 'n uitstekende prestasie.

Die XKT Skopboksklub van Fochville het uitstekend presteer by die nasionale skopboks-kampioenskap in Newcastle, KwaZulu-Natal.

Die klub se 12 skopboks-vegters wat meegeding het, het saam 27 medaljes gewen, waaronder 9 goud, 5 silwer en 13 brons.

Onder leiding van afrigter Shihan Jaco Pretorius het die Fochville-skopboksers hul staal gewys teen deelnemers van regoor Suid-Afrika. Lucian Laübsher het ook die XKT-klub verteenwoordig by die SA Ope Skopboks-kampioenskap.

Dié uitsonderlike prestasie plaas XKT Skopboksklub as een van die top skopboks-klubs in Gauteng.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button