Local newsNews

Hoërskool Fochville hokkiespanne blink uit en dring deur na Noordvaal-kampioenskap 2025

Lees meer oor hul oorwinnings, toekennings en die sterspelers wat die sportveld oorheers.

Hoërskool Fochville se hokkiespanne presteer uitsonderlik in 2025 en het hul plek losgespeel by die gesogte Noordvaal-hokkie kampioenskap wat vroeg in Augustus plaasvind. Volgens die skool se woordvoerder, Elsabe de Mesquita, is drie van die spanne deur na hierdie toernooi nadat hulle eerste of tweede geëindig het in die Suid-Gauteng skole hokkie liga.

Die o.14 hokkiespan van Hoërskool Fochville het besondere sukses behaal – hulle is in April as Super 16 wenners gekroon en is verder ook aangewys as die beste o.14-span in Suid-Gauteng. ’n Uitblinker in die span is Annike van Deventer, wat opgeneem is in die Suid-Gauteng hokkiespan. Haar talent as doelwagter maak haar ’n krag om mee rekening te hou – min balle kom verby haar.

Intussen het beide die o.15- en o.16-spanne welverdiende tweede plekke behaal in hul onderskeie ligas. Volgens De Mesquita is die sleutels tot hierdie sukses “toewyding, harde werk en selfdissipline.” Sy voeg by dat die spanne geweldige ondersteuning ontvang van hul hokkie-afrigters, ouers, en die res van die skoolgemeenskap van Hoërskool Fochville.

Hierdie prestasies plaas Hoërskool Fochville se hokkieprogram onder die beste in die streek en maak hulle sterk mededingers op die pad na Noordvaal-glorie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button