Local newsNews

Scorpions Rugbyklub gereed vir ligawedstryd teen Harlequins ná kansellasie

Die klub is gereed om weer aksie te sien en ’n sterk vertoning te lewer.

Ná ’n laaste-minuut kansellasie verlede naweek, is die Scorpions Rugbyklub weer gereed om aksie te sien in ’n belangrike ligawedstryd op Saterdag, 5 Julie.

Volgens die klubbestuurder Joe Bosch, sou die span oorspronklik teen die Warriors gespeel het, maar dié span het onverwags op Vrydag onttrek, wat daartoe gelei het dat die wedstryd op nommer 99 afgestel is.

“Ons was gereed vir die wedstryd, maar ongelukkig het die teenstanders op die laaste oomblik onttrek,” sê Bosch.

Die Scorpions sal nou hierdie naweek teen die Harlequins Rugbyklub te staan kom. Die wedstryde sal plaasvind op die Harlequins se tuisvelde in Krugersdorp, en beloof om ’n aksiebelaaide middag vir rugbyliefhebbers te wees.

Die klub hoop om ’n sterk vertoning te lewer ná die ontnugtering van die vorige rondte en sien daarna uit om hul posisie in die liga te versterk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button