Local newsNews

Fight St Skopboks en MMA-klub presteer in Pretoria en Potchefstroom

Die klub is as die derde beste MMA-span aangewys by die Versus Grappling Cup, terwyl hulle ook sterk deelgeneem het aan die Mooirivier Challenge skopboksbyeenkoms.

Die Fight St Skopboks en MMA-klub van Khutsong het tydens die naweek van 5 Julie 2025 uitsonderlik goed gevaar by twee groot gevegskuns-kompetisies in Pretoria en Potchefstroom.

’n Span MMA-vegters van Fight St het aan die Versus Grappling Cup in Hatfield, Pretoria deelgeneem. Dié gewilde MMA-kompetisie het meer as 120 vegters van regoor Gauteng gelok. Ondanks sterk mededinging van groter stedelike klubs, het Fight St as die derde beste MMA-klub uit die kompetisie getree. Verskeie van hul vegters het medaljes huis toe gebring.

Op dieselfde dag het ’n tweede span van Fight St se skopboksers deelgeneem aan die Mooirivier Challenge in Potchefstroom. Hier het meer as 110 deelnemers, van so ver as die Noord-Kaap, hul kragte gemeet.

Volgens die klub se bekende afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, is die Mooirivier Challenge soortgelyk aan die bekende Great North-toernooie. “Ek is baie trots op al ons vegters. Hulle het uitstekend presteer en ons klub se naam hoog gehou,” sê Van Winkel.

Die volgende groot MMA-geleentheid is die Grassroots-kragmeting vir jeug, junior en senior deelnemers wat op 19 Julie 2025 in Roodepoort gehou sal word. Fight St se skopboks-afdeling sal weer in aksie wees by die 2025 Women’s Cup, wat op 30 Augustus 2025 by die Barnyard Teater in Vereeniging plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button