Local newsNews

Skryf nou in vir Carletonville en Fochville Herald se Bruid van die Jaar 2025!

Het jy vanjaar al in die huwelik getree of beplan jy om dit te doen? Dan is hierdie jou kans om te skitter!

Die Carletonville en Fochville Herald nooi alle bruide wat reeds in 2025 getroud is, of dié wat later vanjaar hul groot dag beplan, om in te skryf vir ons gewilde Bruid van die Jaar-kompetisie.

Of jy al getroud is of binnekort gaan trou, moenie uitmis nie – deel jou spesiale oomblik met ons lesers en staan ’n kans om gekroon te word as Bruid van die Jaar 2025!

Wie mag inskryf?

Enige bruid wat tussen 1 Januarie en 31 Desember 2025 getroud is of gaan trou, kom in aanmerking.

Hoe om in te skryf:

Stuur jou beste troufoto, saam met die volgende inligting:

  • Julle volle name en vanne

  • Die dorp of area waar julle woon

  • Jul huweliksdatum

Stuur jou inskrywing aan:

📱 WhatsApp: 061 529 0836
📧 E-pos: [email protected]

Al die inskrywings sal op ons webblad gepubliseer word:
👉 https://www.citizen.co.za/carletonville-herald/bruid-van-die-jaar-2025/

Moenie skaam wees nie – vier jou liefde en laat die Herald-lesers saam deel in jou geluk. Jou sprokiesdag kan jou dalk net ’n titel besorg!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button