Local newsNews

Belangrike terug-skool-toe veiligheidswenke vir ouers in Fochville en Carletonville

Hier is wenke vir kinders tydens vervoer en wanneer hulle alleen by die huis is.

Na ’n drie-week lange wintervakansie is skole in Fochville, Carletonville en regoor die land weer oop. Terwyl kinders hul boeke en rugsakke regkry, is dit net so belangrik dat ouers hul kinders toerus met terug-skool-toe veiligheidswenke.

Volgens Charnel Hattingh, Groephoof van Kommunikasie en Bemarking by Fidelity Services Group, moet ouers sekere basiese veiligheidsreëls daagliks met hul kinders bespreek – veral rakende vervoer na en van die skool.

Hier is van die belangrikste wenke vir ouers en kinders:

  • Bly binne die skoolgronde terwyl jy wag:
    Kinders wat na skool opgelaai word – of dit nou deur ouers, ’n au pair of karpoel is – moet altyd binne die skoolterrein wag totdat hul vervoer opdaag. Hulle moet nooit buite in die straat gaan soek nie.

  • Leer jou kind oor vreemdelinge:
    Kinders moet weet dat hulle nooit in ’n vreemdeling se motor mag klim nie, al sê daardie persoon iemand is beseer of het hulle gestuur. ’n Goeie idee is om ’n wagwoord-stelsel te gebruik. Slegs mense met die wagwoord mag die kind oplaai.

  • Laat weet die skool van enige vervoer-veranderings:
    Indien vervoerplanne verander, kontak die skool dadelik sodat hulle bewus is en die kind behoorlik kan lei.

  • Moenie met vreemdelinge praat in parkeerareas nie:
    Indien iemand jou kind nader, moet hulle nie gesels nie, maak nie saak hoe vriendelik die persoon lyk nie. As iemand probeer om hulle te gryp, moet hulle skop, skree en baklei om aandag te trek.

  • Loop in groepe huis toe:
    Kinders wat naby die skool woon en alleen moet stap, moet eerder in groepe stap. Sommige gemeenskappe het selfs “loop-busse” waar volwassenes saam met ’n groep kinders stap vir ekstra veiligheid.

  • Moenie onbekende paaie of stil areas gebruik nie:
    Kinders moet net bekende roetes gebruik en kortpaaie deur stil of onbekende gebiede vermy.


Wanneer kinders alleen by die huis is:

In baie gevalle moet kinders hulself besig hou totdat ouers ná werk huis toe kom. Hattingh beklemtoon dat kinders moet weet:

  • Moenie iemand in die huis toelaat sonder toestemming nie.

  • Laat weet jou kinders as jy laat gaan wees, en gee ’n verwagte tyd wanneer jy huis toe sal kom.

Sy stel ook voor dat ouers ’n lys noodnommers saamstel, insluitend:

  • Ouer se selfoonnommers

  • Werknommers

  • Nooddienste

Die lys moet gestoor word op die kind se selfoon én op ’n sigbare plek naby die landlyn.

Verder moet alle gesinslede – insluitend kinders – weet hoe om die huis se sekuriteitstelsel en paniekknoppies te gebruik.

Veiligheid begin by die huis en met eenvoudige daaglikse gewoontes kan ouers in Fochville en Carletonville help om hul kinders te beskerm, nie net op pad skool toe nie, maar ook wanneer hulle alleen by die huis is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button