Local newsNews

Skryf nou in: Herald se Bruid van die Jaar 2025-kompetisie is oop!

Deel jou troufoto en jy kan dalk die kroon dra!

Het jy onlangs getrou of beplan jy jou droomtroue later vanjaar? Die Carletonville en Fochville Herald nooi alle bruide van 2025 om in te skryf vir ons gewilde Bruid van die Jaar-kompetisie!

Wie mag inskryf?
Enige bruid wat tussen 1 Januarie en 31 Desember 2025 getroud is of nog gaan trou, kom in aanmerking.

Hoe om in te skryf:
Stuur jou beste troufoto, saam met die volgende inligting:

  • Julle volle name en vanne

  • Die dorp of area waar julle woon

  • Jul huweliksdatum

Stuur jou inskrywing aan:

📱 WhatsApp: 061 529 0836
📧 E-pos: [email protected]

Al die inskrywings sal op ons webwerf gepubliseer word:
👉 https://www.citizen.co.za/carletonville-herald/bruid-van-die-jaar-2025/

Moenie skaam wees nie – vier jou liefde, wys jou unieke styl en laat Herald-lesers saam met jou dié spesiale oomblik beleef. Jou sprokiesdag kan dalk net vir jou die titel van Bruid van die Jaar 2025 bring!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button