Local newsNews

Jong model blink uit ondanks uitdagings

Sy hou aan om wenplekke op te raap.

’n Jong model van Carletonville, Mianique Warren (7), is besig om naam te maak in die modelbedryf – en dit ten spyte van ’n lewe wat alreeds vol groot uitdagings was.

Mianique, ’n leerder van Laerskool Dagbreek, het onlangs met die Face Around the World-titel weggestap. Sy het ook as Eerste Prinses in die Cute Missy Wonderland-kompetisie in Parys geëindig. Verder het sy titels ingepalm by die Exquisite Royal Queen-kompetisie, Miss Spring-kompetisie, en verlede jaar is sy gekroon as Mej. Fotogenies in die Mnr en Mej Daggies-kompetisie.

Mianique Warren op verhoog
Die jong ster besig om beoordelaars te bekoor.

Maar agter die blink lintjies en pragtige foto’s lê daar ’n roerende verhaal van deursettingsvermoë.

In Maart vanjaar is haar kleinboetie, Zayden, met ’n gesplete verhemelte gebore. Hy het reeds twee operasies ondergaan, met nog een wat wag wanneer hy ses jaar oud is. Mianique self was betrokke by ’n vierwielmotorfietsongeluk in 2020 waartydens sy ’n deel van haar groottoon verloor het.

Tot oorlopens toe is die gesin ook deur hartseer getref toe haar pa, Godfrey, op 1 November 2021 tragies in ’n motorongeluk oorlede is. Dié jaar het sy ook haar geliefde oumagrootjie, Nellie Alfonso, verloor, en in 2023 moes sy afskeid neem van haar oupa, Jannie Hattingh.

Tog glimlag Mianique elke keer op die verhoog. Sy dien as inspirasie vir baie en wys dat moed, geloof en ondersteuning van ’n liefdevolle familie ’n kind se drome steeds moontlik kan maak – maak nie saak wat die lewe op hul pad bring nie.

Mianique se kleinboet, Zayden
Mianique se kleinboet, Zayden, kort na sy geboorte en hoe hy nou lyk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button