Local newsNews

Lofmark bring handgemaakte gees en flair na Fochville

Kom kuier tot Saterdag by die AGS Kerk in Losberglaan vir handgemaakte produkte en plaaslike flair!

FOCHVILLE – Die gewilde Lofmark is tans by die AGS Kerk in Losberglaan aan die gang, en bied weereens ‘n unieke inkopie-ervaring met handgemaakte produkte, lekker eetgoed en gemeenskapsgees.

Die Lofmark, wat nou al vir die 14de jaar aangebied word, word met toewyding georganiseer deur twee plaaslike vroue, Hannelie Schoonraad en Nina van Heerden. Vanjaar se uitstallers kom van regoor die land – insluitend Bothaville en Bloemfontein – en bied ‘n verskeidenheid ware wat almal met sorg en styl aangepas is volgens die nuutste neigings.

“Dit is interessant om te sien hoe die uitstallers elke jaar hul verpakking aanpas om in die mode te bly,” sê Schoonraad, wat self jare lank haar eie ware by markte verkoop het voordat sy haar vaste afsettingspunte vir haar ware gekry het en haar roeping gevind het in die reël van gemeenskapsgeleenthede soos dié.

Behalwe vir die Lofmark, is sy ook verantwoordelik vir ander bekende feeste soos die Liggiefees en Wonderland Market by die Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom. Sy en haar man, Jan, is verder aktief betrokke by projekte om Fochville se voorkoms te verbeter.

Schoonraad se ma, Joey van Niekerk, is selfs in haar ouderdom nog so energiek dat sy elke jaar ‘n sleutelrol in die mark se kombuis speel.

Die Lofmark duur tot Saterdag – besoekers kan uitsien na unieke handgemaakte geskenke, heerlike eetgoed en ‘n vriendelike atmosfeer wat Fochville se gemeenskapsgees weerspieël.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button