Local newsNews

Kleuters en gestremde volwassenes leer meer oor mondhigiëne tydens Piet Tande-veldtog

Vrywilligers en ’n plaaslike tandarts het gehelp.

In ’n inspirerende gemeenskapsinisiatief het Solidariteit Helpende Hand onlangs ’n projek van stapel gestuur om bewustheid oor mondhigiëne te bevorder. Die veldtog het kinders in kleuterskole sowel as volwassenes by die Rotalia-sentrum vir gestremdes bereik.

Die projek vorm deel van die Piet Tande-veldtog, wat daarop fokus om kleuters op te voed oor mondgesondheid, die belangrikheid van voeding vir gesonde tande, en die rol van die gemeenskap in goeie higiënepraktyke.

Volgens Mariette Hartley, maatskaplike werker van Solidariteit Helpende Hand in die streek, is swak mondhigiëne nie net pynlik nie, maar beïnvloed ook kinders se konsentrasie, gesondheid en selfvertroue. “Wanneer kinders gesonde tande het, leer hulle beter en voel hulle beter oor hulself,” sê sy. “Goeie mondhigiëne is nie net ’n privaat saak nie – dit is ’n gemeenskapsverantwoordelikheid.”

Verskeie kleuterskole is besoek, insluitend Laerskool Dagbreek, SAVF Pikkieland, Hasie Kalbassie en Windpomp Klontjies, met vrywilligers van die Helpende Hand Carletonville-tak wat ’n belangrike rol gespeel het tydens die uitreike.

’n Plaaslike tandarts het tandepasta geskenk, wat aan die kinders en inwoners van Rotalia uitgedeel is – ’n bydrae wat die veldtog verder versterk het.

Hierdie inisiatief wys duidelik dat die pad na gesonder glimlagte begin by onderrig, betrokkenheid en gemeenskapsondersteuning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button