Local newsNews

Hoërskool Fochville skitter tydens Festival de Arte en RACA-eisteddfod

Verskeie leerders is as wenners aangewys, en die skool se koorgroepe en dansgroep het uitgeblink.

Hoërskool Fochville tydens die onlangse Festival de Arte op die kultuurfront geskitter.

Verskeie leerders is as kategorie- of afdelingwenners by die Gala-prysuitdeling, wat op 5 September gehou is, aangewys.

Dié sterre sluit in Ewald Drotsky, Andrea Coetzee, Tatum Martin, Chané van Wyk, Suné Rudolph, Hovan Schalekamp, Giovanni Tezzot, Nianell Wilke, Chanél Foord, Dinieka Archer, Buhle Tyali, Vrede Els en Christo Oliphant. Nianell Wilke is ook aan die einde van die pragtige aand as die wenner van die Burgemeesterstrofee aangewys.

Die skool se groepe het ook presteer. Die meisieskoor, junior Afrikaanse spreekkoor, senior Afrikaanse spreekkoor en die Engelse spreekkoor was almal wenners van hul onderskeie kategorieë.

Focvhille senior Afrikaanse spreekkoor.
Die senior Afrikaanse spreekkoor het ook hul vernuf ten toon gestel.

“Geluk met jul pragtige prestasies! Baie geluk ook aan die ander koorgroepe wat hulle puik van hul taak gekwyt het. Ons is só trots op julle elkeen.” Intussen het die Madamozelle-dansgroep ook by die RACA-eisteddfod twee platinumtoekennings ontvang. “Ons kyk met trots terug op ‘n suksesvolle kultuurseisoen. Dankie aan elke leerder en ouer vir jul opoffering die afgelope paar maande,” sê die skool se kultuur-organiseerder, Alma Thompson.

Die Lalitas het ook verkeie toekennings ingepalm.
Die Lalitas het ook verkeie toekennings ingepalm.

Die talentvolle groepe gaan ook op die skool se Kultuuraand saam met ander begaafde leerders en Nastassja Ras deelneem.

Die junior Afrikaanse spreekkoor het uitstekend tydens die kunstefees presteer.
Die junior Afrikaanse spreekkoor het uitstekend tydens die kunstefees presteer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button