Local newsNews

Skryf in vir ons Bruid van die Jaar-kompetisie!

Skryf nou in en herleef jou spesiale dag!

Het jy in 2025 getrou? Dan is hierdie kompetisie vir jou!

Die Carletonville en Fochville Herald nooi alle bruide van ons streek wat in 2025 die knoop deurgehak het of nog gaan trou, om deel te neem aan ons geliefde Bruid van die Jaar-kompetisie.

Of jy reeds jou sprokiesdag gevier het, of nog besig is om die perfekte dag te beplan — ons wil graag jou storie en jou mooiste foto deel met ons lesers!

Wat om in te stuur:

Stuur jou mooiste troufoto, saam met die volgende besonderhede:

  • Julle volledige name en vanne

  • Die dorp waarvan julle afkomstig is

  • Julle huweliksdatum

Stuur dit via WhatsApp na 061 529 0836
Of per e-pos na: [email protected]

Alle inskrywings verskyn aanlyn!

Elke inskrywing sal op ons webtuiste verskyn, sodat familie, vriende en lesers saam met julle dié spesiale oomblik kan herleef.

Kyk na huidige inskrywings hier:


https://www.citizen.co.za/carletonville-herald/bruid-van-die-jaar-2025/

Alle bruide wat tussen Januarie en Desember 2025 getroud is, kom in aanmerking vir deelname.

Moenie hierdie spesiale kans mis nie!

Kom deel jou liefdesverhaal en daardie sprokiesfoto’s met ons gemeenskap. Skryf vandag nog in en staan ‘n kans om as Bruid van die Jaar 2025 gekroon te word!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Carletonville Herald in Google News and Top Stories.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button