Die skopboksers wat gradeer het, is voor Bea Koen (blou 2), Rochelle Esterhuizen (oranje 2), Marques Dudzus (geel), Keagan Williams (geel 2) en Jessi Kolbe (blou). In die tweede ry is Tinus van Wyk (pers2), Lihan Steyn (pers 2), BG Jansen van Vuuren (blou), Zayden Paich (groen 2), Reegan Burger (pers), Hartwich Kirsten (oranje 2), Ziaan Paich (blou 2) en Luhan Kirsten (blou 2). In die derde ry is Shihan Chimmy van Winkel (afrigter), Alenké de Beer (geel 2), Emma Golden (junior swart), Owen Dudzus (oranje), Emma Botha (pers2), Janco Kolbe (blou 2) en Jaycee Paich (pers 2). Agter is Charmaine Venter (bruin), Kaitlyn Botha (blou 2), Sumari-May Eddy (bruin 2), Francois Ackerman (pers) en Albert Wright (bruin 2).
Die vegkuns-gemeenskap kan maar regstaan, want die vegters van die bekende Fight St skopboks en gemengde gevegskuns (MMA) klub van Carletonville is slaggereed vir ‘n aksiebelaaide jaar.
Die klub se afrigter, Shihan Chimmy van Winkel, sê klublede is reeds besig om vir groot byeenkomste te oefen.
Die skopboksers vertrek na Johannesburg om kragte te meet tydens die Gauteng Skopbokskampioenskap op 7 en 8 Februarie.
Op 21 Februarie verskuif die fokus na Roodepoort, waar die MMA-vegters in die kryt sal klim vir die strawwe Grassroots 8-kompetisie.
Die klub het die jaar op ‘n hoë noot begin deur erkenning te gee aan die vordering van hul lede met verskeie skopboksers en MMA-vegters wat onlangs gradeer het.
Die MMA-vegters wat gradeer het, is voor Marques Dudzus (geel wit), Hartwich Kirsten (geel wit), Reegan Burger (oranje) en Luhan Kirsten (geel wit). In die middel is Holly Ferguson (geel wit), BG Jansen van Vuuren (geel oranje), Reegan Burger (oranje) en Luhan Kirsten (geel wit). Agter is Charmaine Venter (oranje groen), Jody Ferguson (geel wit), Sumari-May Eddy (oranje), Patrick Steyn (oranje), Owen Dudzus (geel wit), Marike Jansen van Vuuren (geel wit) en Shihan Chimmy van Winkel (afrigter).
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.