Local newsNews

Vaaldam-sluise weer oopgemaak

Meer water kom

Daar is vandag, Dinsdag 13 Desember om 10:00 weer ‘n sluis by Vaaldam oopgemaak. Dit beteken dat daar nou weer twee sluise oop is.

Uitvloei by Bloemhofdam word ook verhoog na 400 kubieke meter per sekonde vanaf 10:00.

Vaaldam is nou 102% vol met invloei teen 400,88 kubieke meter per sekonde en uitvloei teen 116,7 kubieke meter per sekonde.

‘n Totaal van 5mm reën is sedert gister in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet.

Barrage staan nou op 98,76% en water word uitgelaat teen 179,380 kubieke meter per sekonde.

Bloemhofdam is tans 100,57% vol.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button