Dogtertjie (2) kritiek na sy amper in swembad verdrink
'n Tweejarige dogtertjie is in 'n kritieke toestand nadat sy die afgelope Vrydagmiddag (7 Julie) in 'n swembad in Potchefstroom geval het.

‘n Tweejarige dogtertjie is in ‘n kritieke toestand nadat sy Vrydagmiddag (7 Julie) in ‘n swembad geval het. Die voorval het glo in Rocherstraat in Bailliepark gebeur.
Volgens beskikbare inligting het nooddienste Vrydagmiddag omtrent 17:17 ‘n oproep ontvang. ER24 en Mooirivier Beskerming First Responder was op die toneel en het die dogtertjie resussiteer en ‘n pols teruggekry.
Sy is per ambulans na Potchefstroom MediClinic toe waarna sy na Sunninghill in Johannesburg oorgeplaas is.
By navraag het die familie verkies om nie met die Herald se susterskoerant Potchefstroom Herald oor die voorval te praat nie omrede hulle hul privaatheid wil behou.
https://potchefstroomherald.co.za/128611/dogtertjie-2-kritiek-na-sy-amper-in-swembad-verdrink/?fbclid=IwAR0tZfWS2UJjqSKCnVjqRyFqdQr48hYCxJncqOLo3BkuKAQ_rjN0UWCBuDQ