Local newsNews
Meisie na bewering in Carletonville verkrag
‘n Meisie van Carletonville is na bewering die afgelope week in ‘n straat opgelaai en na ‘n onbekende huis in die dorp geneem en verkrag.

Die meisie (18) het op 31 Augustus in Rubystraat geloop toe ‘n rooi voertuig by haar stop. Twee mans met balaclavas het na bewering uit die voertuig geklim, haar gegryp en na ‘n onbekende huis elders in die dorp geneem.
Volgens die meisie het sy haar bewussyn verloor maar later weer in die onbekende huis bygekom en ‘n man wat soos ‘n Nigeriër klink, hoor praat. Sy het later na bewering ‘n foon naby haar gesien lê end it gebruik van haar familie en vriende te kontak.
Sy het toe uit die agterkamer waar sy na bewering aangehou is, ontsnap, gesien waar in die dorp sy is en na die huis van een van haar onderwysers wat daar naby woon, om hulp gegaan.
Die polisie ondersoek ‘n saak van verkragting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.