News

Potch-fietsryer gaan 1000 myl ry vir PAWS-diere

"Daar is diere wat nie die voorreg het om hul eienaars te groet wanneer hul by die huis kom nie."

Shaun Leach, die eienaar van Le Tour Cycles by Kleinplaas in Paryslaan, Potchefstroom, het besluit om die Joburg to Blouberg 1000 myl (1600 km) bergfietsresies vir PAWS Potchefstroom te doen.
Shaun brei uit oor sy motivering hiervoor en sê dat mense nie besef wat ‘n groot verskil dit maak om ‘n dier of diere te hê wat lief is vir jou nie.

“Wanneer ‘n mens by die huis kom is hul altyd so bly om jou te sien. Daar is baie diere wat nie daardie voorreg het om mense elke dag te groet nie.”

Shaun sê verder dat hy van sy kant af graag PAWS wil ondersteun, siende dat hul baie doen om mense en diere te help.

Shaun leach gaan 1000 myl per fiets vir PAWS ry. Foto: Verskaf.

Shaun spring 16 Maart weg en beoog om die resies binne sewe dae te voltooi. Shaun voeg by dat die resies selfondersteunend is, wat beteken dat deelnemers alles wat hul wil gebruik tydens die resies moet saamry. Dit sluit water, klere, kos, gereedskap om breke te herstel en vele meer in.
“Ek het al voorheen Kaap toe gery saam met ‘n vriend. Ons het in 11 dae van Potch af Melkbosstrand toe gery. Dit is ‘n bietjie anders, want jy het minder kilometers om per dag af te lê.”
Shaun sê verder dat hy ook die resies doen omdat dit hom uit sy gemaksone bring.
“Dis iets anders as jou gewone resies want dis baie langer afstande en dis baie meer uitdagend. Dit laat jou besef dat jy jou liggaam harder kan druk en verder kan gaan as wat jy daagliks doen.”

Shaun praat verder oor die gemaksones waarin ons onsself daagliks bevind en sê die volgende: “Ek glo ‘n ‘comfort zone’ is waar drome doodgaan. Dis goed om uit dit te kom en jouself uit te daag om meer te bereik.”

Lees die volledige berig op Potchefstroom Herald se webtuiste hier:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-news/2024/02/28/potch-fietsryer-gaan-1000-myl-joburg-to-blouberg-ry-vir-paws-diere/?fbclid=IwAR3GPDRIzzKddhSw5mPX8zLwALCF-z8NPCnCoc3gwvc4zJ-RDgYAduLokaA

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button