Kleuter teruggevind na motor tussen Fochville en Carletonville gekaap is
Hierdie was uitstekende werk deur die Fochville GPF se lede.

Vinnige werk deur lede van die Fochville GPF het verseker dat ‘n dogtertjie Vrydag met haar ma herenig is na hul motor gekaap is.
Volgens die stasiekommisaris van die Wedela Polisiestasie, Kaptein Wayne Pestana, het die voorval omstreeks 12:00 plaasgevind toe die ma op die R500 gery het. Sy het vinnig aan die kant van die pad gestop omdat haar eenjarige dogtertjie gehuil het, maar is deur twee onbekende mans oorval.
Hulle het met haar motor met haar dogtertjie steeds binne-in weggejaag.
Gelukkig het patroleerders en andre lede van die Fochville GPF die motor met die dogtertjie in Greenspark teruggevind. Sy is kort daarna met haar ma herenig maar beide is vor mediese behandeling geneem.
Die kapers is steeds op vrye voet.



