Local newsNews

Jong atleet dring na SAs deur

Dit is maar sy tweede jaar by die klub.

‘n Atleet van die Smithathlons atletiekklub van Carletonville gaan binnekort aan die nasionale atletiekkampioenskappe deelneem.

Kevin du Toit (10) het op 9 November goue medaljes ingepalm in die o11 100m en 80m items tydens die sub-jeug atletiekkampioenskappe in Potchefstroom.

Hy het deurgedring tot die kragmeting wat by die Kenneth McArthur atletiekstadion gehou is, nadat hy medaljes by verskeie liga-byeenkomste die afgelope paar maande gewen het.

Kevin, ‘n leerling van Laerskool Dagbreek, se prestasies in Potchefstroom het hom na die nasionale kampioenskap wat op 6 en 7 Desember in Bloemfontein gehou word, laat deurdring.

Hy is ook deel van die Noordwes 100m aflosspan.

“Ek is baie trots op Kevin, want hy het baie hard gewerk. Hy het vanjaar vir die eerste keer aan landloop ook deelgeneem om sy stamina te verbeter en ek het net geweet dat hy sou wen. Ons werk egter stelselmatig aan sy loopbaan, want hy is nog jonk,” sê sy afrigter, die bekende Annetjie Smith.

Volgens Kevin se ma, Justine, volg hy in die voetspore van sy oupa, Christo du Toit, wat ‘n nasionale atleet was. Sy pa, Elris, was ook op sy dag ‘n kranige atleet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button