Carletonville se vegters na Afrika-kampioenskappe
Hierdie sterre hou ons dorp en land se naam hoog.
Skopboksers van die XKT Fight Street klub in Carletonville gaan Suid-Afrika binnekort tydens ‘n internasionale kompetisie verteenwoordig.
Verskeie van die klub se vegters is vir die nasionale span gekies om aan die byeenkoms deel te neem wat van 8 tot 12 Desember gaan plaasvind.
Die kampioenskappe, die WAKO (World Association of Kickboxing Organisations) African Continental Championships, gaan in die John Barrable-saal in Benoni gehou word.
Vegters gaan in verskeie dissiplines kragte meet.
Vegters van 13 gaan lande gaan deelneem. Die kampioenskap gaan ook gebruik word om vegters te kies wat volgende jaar aan die Wêreldspele in Chendu in China gaan meeding.
“Hulle het hard geoefen en is goed voorbereid. Ek is baie trots op hierdie vegters,” sê hul afrigter, Shihan Chimmy van Winkel.



