Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit waarsku dat inwoners van ‘n deel van Fochville oor die komende naweek met min of geen water kan sit.
Hulle sê die probleem is die gevolg van Rand Water wat ‘n meter of meters gaan vervang.
Dié werk gaan Fochville se watertoevoer op 7 en 8 Desember (Saterdag en Sondag) beïnvloed.
Die areas wat met min of geen water gaan sit, is Fochville Uitbreidings 1, 2 en 4, wat Denneweg, Tambotie-, Bloekom-, Weakly-, Hawthorne-, Froneman-, Aster-, Protea-, Dahlia- en Cosmostrate insluit.
Die munisipaliteit vra om verskoning vir enige ongerief.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.