Local newsNews

Pantherz sluit goeie jaar af

Die span het hulle uitstekend van hul taak gekryt.

Die Pantherz vroue rugbyspan van Fochville het die afgelope jaar gewys dat hulle vir niemand hoef terug te staan nie.

Volgens die klub se voorsitter, Ronél Bekker, het die Pantherz op 26 Oktober hul laaste wedstryd tydens die Hillbillies Festival in Germiston gespeel. Die Pantherz en Madeliefies van Alberton het saam gespan om teen die Simmers vrouespan te speel.

“Tydens die game was Charlene Michau soos ‘n bulldozer. Coach Peet Bekker het haar as die “Bone collector” gedoop, want sy is nie bang om die een opponent na die ander te duik nie. Al die vroue het die game vreeslik baie geniet en hul uiterste beste gegee,” sê Bekker.

Dié wedstryd was die einde van ‘n baie goeie jaar vir die Pantherz, te danke aan hul afrigters Wiekes Coetzer en Peet Bekker.

Die span het die geestrofee tydens die nasionale kampioenskap in Mosselbaai ontvang en elke spanlid het ook met ‘n medalje weggestap.

Die Pantherz was vanjaar ons omgewing se enigste rugbyspan.

“Ons wil ook net vir Oom Joe Steyn en Oom Pierre Theron baie dankie sê vir hulle insette met ons vroue. Dankie aan Madeleine Coetzer (Pom-Pom meisie) wat ons cheer langs die veld met elke game. Ons is baie trots op Charlene Michau wat die trofee vir Beste Speler ontvang het,” sê Bekker.

Die Pantherz sal van 2025 af weer hard begin oefen vir die nuwe seisoen wat voorlê. Hulle nooi alle vroue wat rugby wil speel uit om by die Pentherz-familie te kom aansluit. Oefentye is Maandae en Woensdae om 17:30 by Laerskool Losberg in Fochville.

Vir verder navrae kontak vir Ronél by 076 799 0435.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button