Local newsNews

Klub 50 in Carletonville vier nóg ‘n mylpaal

Klub 50 is reeds vir amper 30 jaar deel van ons gemeenskap.

Die klub vir ouer inwoners in die Carletonville-omgewing, Klub 50, het die afgelope week hul aktiwiteite vir die nuwe jaar op ‘n hoë noot afgeskop.

Klublede het op 16 Januarie in die Hervormde Kerk in Kaolinstraat vir hul eerste byeenkoms van die nuwe jaar bymekaargekom.

Die ouer inwoners kon nie net die oggend saam geniet nie, maar het ook Klub 50 se 28ste bestaansjaar gevier. Volgens ‘n bestuurslid, Maria Mans, het hulle reeds talle byeenkomste vir die volgende drie maande beplan.

Klublede sal tydens die volgende byeenkoms op 23 Januarie oor hul nuwejaarsvoorneme en vakansie ondervindings kan praat en ook enige mooi gedagtes of versies met die ander lede deel.

Verskeie sprekers sal oor onderwerpe soos voëls van die Bybel praat en die klub se manne sal hul bakvernuf tydens ‘n koekbak-kompetisie ten toon stel.

Bingo-oggende sal op 6 Februarie, 13 Maart en 10 April gehou word, terwyl elke maand se aktiwiteite oudergewoonte met ‘n braai afgesluit sal word. Klublede kan ook ware vir herwinning tydens dié byeenkomste saambring.

Alle inwoners van 50 jaar of ouer is welkom. Belangstellendes kan Mans by 082 752 8118 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button