Local newsNews

Boer in hospitaal na aanvallers hom skiet en sy huis afbrand

Die gewonde boer sterk tans in die hospitaal aan.

‘n Boer van die Glenharvie-omgewing sterk tans in die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg aan na hy vroeg vanoggend aangeval is.

Volgens Jaco Taute, die voorsitter van die Rooivleis Produsente Organisasie en die lid van die Gauteng TLU se sentrale komitee verantwoordelik vir veiligheid, het sy buurman, Adriaan Vos, hom vanoggend omstreeks 01:00 gebel.

“Boeta, ek het seer. Hulle het my geskiet,” het hy vir Taute om hulp gesmeek.

Vos, wat op die plaas Elandfontein sowat twee kilometer buite Glenharvie boer, het wakker geword van sy honde wat blaf en het op sy balkon gaan staan om uit te kyk toe die aanvallers hom in die been geskiet het. Hy kon gelukkig tot by sy bakkie kom om na die Tautes te ry.

Die aanvallers het egter verder op hom geskiet terwyl hy in die bakkie by sy hek was.

Taute, sowel as sy vrou en seun het Vos, wat ten minste drie keer in onder meer sy arm en been geskiet is, se wonde verbind en ‘n ambulans gekontak, wat hom omstreeks 03:00 kom haal het. Hy is eers na die Leratong Hospitaal geneem en van daar na die Helen Joseph hospitaal oorgeplaas.

Die rowers het Vos se houthuis aan die brand gesteek terwyl hy besig was om hulp vir sy skietwonde te ontvang. Die huis het heeltemal afgebrand en Vos se voëls is ook in die brand dood.

“Hoewel ons aanvanklik gedink het sy twee hondjies is ook dood, het ons hulle later gekry,” sê Taute.

Vos het alleen op die plaas gewoon.

Volgens Taute word boere in dié omgewing toenemend deur veediewe en rowers geteiken en maak die polisie nie vordering om hierdie misdade te keer nie. Hy raai boere aan om ekstra veiligheidsmaatreëls by hul plase in plek te kry en indien moontlik wettige vuurwapens aan te skaf.

“Elke plaas verskil van mekaar en boere moet self kyk wat hulle nodig het,” sê Taute.

Enige iemand wat met bakstene kan help om Vos se huis te help herbou, kan Taute by 082 635 2424 skakel.

Die aanvallers het aangehou pm op Vos te skiet na hy in sy bakkiegspring en na Taute vir hulp probeer jaag het,
Vos word in die ambulans gelaai.
Een van die koeëldoppies wat na die tyd op die toneel gevind is. Die aanvallers het met verskeie wapens op Vos geskiet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Adele Louw

Adele has been in the community media since 1997, first in Mpumalanga and since 2008 in Gauteng, and is passionate about giving a voice to residents of all communities.

Related Articles

Back to top button