Local newsNews
Groot ‘Oldies’ rugby-fees môre in Fochville
Dit is die eerste keer dat so 'n fees in Fochville gehou gaan word.
Rugby liefhebbers en diegene wat net lus is vir bietjie pret kan gerus môre, Saterdag 10 Mei, die “Oldies” rugby-fees in Fochville gaan bywoon.
Volgens die organiseerder, Pierrie Theron, wat self ‘n kranige speler is, gaan die Gert van Rensburg stadion in Fochville se hekke reeds om 08:00 vir die dag se pret open.
Behalwe vir 27 stalletjies gaan verskeie spanne van onder meer Parys en Johannesburg in wedstryde speel. Spelers van Fochville draf as deel van die Golden Eagles span op die veld.
Die rugby begin om 11:30 en die laaste spanne sal om 16:30 op die veld draf.
Dit is die eerste keer dat só ‘n byeenkoms in Fochville gehou word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



